Sondagoggend het ek baie opgewonde opgestaan! Ek droom darem nou al lank daarvan om die Vatikaanstad te sien! Ons het die metro geneem en gaan wag by die kantoor waar ons toer moes begin. 10 minute voor ons toer moes begin was daar egter steeds niemand nie. By nadere ondersoek het ons toe vasgestel dat ons afspraak vir die toer eers vir die volgende dag was. Ek het nie 'n idee hoe dit gebeur het nie, ek is seker ek het die regte datum vir ons reisagent gegee! Ons het toe maar alleen Vatikaan toe gegaan en gelukkig was dit nog vroeg, so dit was redelik maklik om in te kom.
Die St. Peterskerk is die ongelooflikste kerk wat ek in my lewe nog gesien het! Die versierings is wonderlik!
Nadat ek 'n rukkie rondgewandel het, het ek uitgevind dat daar 'n mis gaan plaasvind. Ek het toe in een van die bankies gaan sit om dit te sien, want ek wou nog altyd! Dit was wonderlik! Die prosessie kom in die paadjie afgestap en alles is so tradisioneel. Dis lekker om te sien dat sommige dinge nie sommer sal verander nie. Ons het sulke boekies gekry wat vir jou presies vertel wat aangaan, met 3 vertalings. Dit is basies maar die liturgie (wat die priester sing...) en geloofsbelydenis. Dis maar amper dieselfde as ons s'n, behalwe vir Maria en Pous Benedictus. Ek het probeer saamsing aan die liedjies, maar dis als Latyn en al wat ek onthou is 'n klomp Dominusse en Benedictusse. Die ander woorde was te vreemd.

Na die mis het ek verder in die kerk rondgekyk. Al wat my regtig baie gepla het, is hoeveel klem daar op die heiliges en kunstenaars en pouse (dus, mense) gelê word. Die hele kerk is vol standbeelde en skilderye en stories. Mens weet jy is in God se teenwoordigheid, maar jy kry die hele tyd die boodskap dat jy tog nie van die mense moet vergeet nie.
Dit is bevestig toe ons onder na die pouse se grafkelder gegaan het. By die graf van Johannes Paulus II wat in 2005 dood is, was wagte wat dit opgepas het en 'n groep mense wat gestaan en kyk het. Die weirdste was dat die mense so gehuil het. Ek dink mens moet Katoliek wees om te verstaan.

Hierna het Chris besluit dat ons die kerktoring moet klim (as hy mos trappe en 'n toring sien wil hy net klim...). Dis 3 verdiepings met 'n hysbak en dan nog 331 trappe tot bo. Die gangetjies is besonder nou, die trappe draai baie en as gevolg van die koepel wat die dak vorm, moes Chris dikwels so half skeef loop. Toe ons bo kom, was ons op die hoogste punt in Rome, omdat geen ander gebou hoër as die kerk mag wees nie!
Teen hierdie tyd was dit al omtrent half 3 en ons het 'n broodjie by een van die straatkarretjies gekoop. Ons wou graag by die Burghese museum ingaan (daar is blykbaar wonderlike werke), maar 'n mens moet vooraf bespreek. Tog het ons gedink ons gaan maar probeer. Dis weer heeltemal aan die ander kant van die stad (nader aan ons hotel) en ons het metro gery en VER gestap. Die museum is in die middel van die Burghese tuine en ons kon nie regtig verstaan waarom almal so te kere gaan daaroor nie. Dis nou nie juis mooi en versorg nie. Nee, ons kon natuurlik nie by die museum inkom nie.
Ons besluit toe maar om terug te stap hotel toe (dis net 200m verder as die naaste treinstasie gewees), en dit was VER en WARM! By die hotel het ons die aircon aangesit en geslaap!
Toe ons so teen 18:00 weer wakker word, het dit intussen gereën en die stad lekker afgekoel. Ons het toe besluit om Rome in die aand te gaan sien. Wat 'n wonderlike prentjie! Die atmosfeer is wonderlik met straatmusikante, liggies, waterfonteine ens. Ons het tot by die Piazza del Popolo (piazza van die mense) met die trein gery en toe begin stap.
Van daar is ons na die Ara Pacis toe (wat ons nie kon kry nie) en het onder by die Spanish Steps aangekom.
Daar was baie mense en die uitsig was nogal mooi. Chris het toe besluit ons moet tot bo gaan en ons het weer lekker BAIE trappe geklim. Van daar is ons na Trevi-fontein. Dit was te mooi so in die donker. Daar is so 'n legende dat wanneer jy met jou rug na die fontein staan en 'n muntstuk daarin gooi, jy weer na Rome sal terugkeer. 2 muntstukke beteken dat jy 'n man/vrou gaan ontmoet en 3 beteken dat jy in Rome sal trou. Ons het elkeen 4 ingegooi, maar niks het gebeur nie. Vandaar is ons na Piazzo Colonna waar 'n toring met 2500 figuurtjies op, staan. Dit is gevolg deur die Pantheon en Piazza Novona en ons het geëindig in Campo del Fiori.
Vandaar het ons weer die 2km terug hotel toe aangepak en doodmoeg daar aangekom.

Roma was wonderlik, maar jy moet weet dat dit warm is, daar baie mense is en dat dit net half anders as die res van Europa is.
Geen opmerkingen:
Een reactie posten