By die Eiffel het ons op ons rooi Hop-on-hop-off toerbus geklim en die stad vanaf die boonste verdieping beskou. Ons eerste stop was die Notre Dame katedraal en dit was by verre vir my die hoogtepunt van my besoek aan Parys. Die ou gebou is enorm, dit het mer as 200 jaar geneem om te bou en die versiering binne is werklik besonders. Daar is die pragtigste orrel! Wat die gebou egter anders maak as ander ou geboue, is die feit dat dit werklik 'n atmosfeer van aanbidding het. Ten spyte van die malende toeriste, het ek steeds 'n heiligheid ervaar soos nog nooit nie.
Na die Notre Dame wou ons graag die Musee d'Orsay besoek, maar toe ons daar afklim het ons gesien dat dit op Maandae gesluit is. Ons het wel lekker gelag vir die 2 standbeelde van 'n renoster en 'n olifant op voor die museum. Lekker Afrika!
Ons het te maar weer op die bus geklim verder rondgery. Ons volgende besoek was die Arc de Triomph. Daarheen het ons deur die beroemde Champs Elysees gery, maar vir my was dit maar 'n bietjie onder verwagting. By die Arc de Triomph (wat massief is), het ons die trappe tot heel geklim en die stad so van bo af bekyk. Maar na die trappe was my rug gedaan, en ons was maar nog net halfpad deur die dag!
Hierna het ons weer op ons bus geklim en by Trocedero afgeklim. Vandaar is die mooiste uitsig oor die Champs de Mars en die Eiffeltoring.
Ons volgende was besoek aan die Justisiegebou, waar die Saint Chapelle is. Dis 'n kerk wat Louis XIV laat bou het en die wonder daarvan is dat die versiering binne net so geweldig mooi soos die Notre Dame is, maar dat die kerkie in ongeveer 4 jaar voltooi is. Op die oomblik is hulle besig om die enorme vensters met die wonderlikste glaskunswerke te restoureer en daarom het die heilige gevoel wat 'n mens by die Notre Dame ervaar het, ontbreek. Vir Chris was dit egter nogal 'n hoogepunt. Dit was werklik vir my ook die moeite werd, al het ons meer as 40 minute in 'n ry gestaan om deur die sekuriteitspunt te beweeg waar 'n klomp forse Franse polisiemanne jou en jou besittings fynkam vir al wat 'n vorm van gevaarlike item.
Teen die einde van hierdie besoek was dit reeds amper 16:30 en ons was steeds nie by die Louvre nie. Ons besluit toe om sommer soontoe te loop, maar het ons 'n bietjie misgis met hoe ver dit is. Op 'n drafstap is ons toe af in die straat om die wereld se grootste museum te besoek. Ons het net so voor 17:00 by die Louvre aangekom. Dit is werklik 'n merkwardige plek. Net die gebou alleen (wat eens 'n kasteel was), is die moeite werd om te sien. Ons het daar ingehardkloop en gejaag om by die vleuel met die Mona Lisa uit te kom. Sy is pragtig! Nie so klein soos wat ek altyd hoor sy is nie, maar wel agter 'n dik glas weggeteek omdat kameraflitse die verf beskadig. Natuurlik was daar weer 'n lot Sjinese en ek kon skaars 3m van haar af kom. Toe het ons na die standbeeld Venus de Milo gaan kyk.
Met 5 minute oor het ons die Egiptiese vleuel aangedurf, 'n draai by die Oriental Art afdeling gemaak en ook die oorblyfsels van die oorspronklike kasteel gesien. Ons het ook in 'n enrome vertrek met groot standbeelde uitgekom. Alhoewel dait net 'n warrelwindbesoek was, was dit steeds heerlik en ek sal dit werklik graag weer wil sien.
Van die Louvre af het ons na die Champs de Mars (die park by die Eiffel) vertrek en so tussen die bome, pieknieks en soenende paartjies na die toring geloop. Daar het ons in die ry gestaan vir kaartjies om met die hysbak tot bo in die toring te gaan. Ongeveer 'n uur later was ons op die tweede vloer, wat reeds baie hoog was! Ons het toe verder gegaan na die heel hoogste punt en die uitsig oor die stad was ongelooflik. Die Arc de Triomph het in al sy grootheid soos 'n Legoblokkie van daar bo af gelyk! Hier is die Trocedero waarvan ek vroeer die foto van die toring geneem het.
Ons het bo gebly tot dit begin donker word het en die stad se liggies aangegaan het. Pragtig!
Chris het toe met die trappe afbeweeg na die eerste vloer toe, maar ek het maar hysbak gery. Ek het onder vir hom gesit en wag en terwyl hy hom verkyk het aan die inligting oor die bousproses van die toring, het ek van onder af liggiekonsert gekyk.
Hierna is ons weer Notre Dame se kant toe om van die vorige aand se lekker roomys te gaan probeer.
Dit het 'n ruk gevat om die plek te kry, en ons het toe sommer by 'n restourant langsaan geeet. Chris het steak geeet die karnivoor in hom was weer tevrede. Ek het regte Franse sjampanje gedrink. Die restourant is op 'n hoek langs die Seinerivier en die atmosfeer (straatmusikante wat op die brug speel) was so mooi.
Na 'n verruklike ete is ons weer hotel toe. Ek het egter vir 'n taxi betaal, want ek kon regtig nie meer loop nie en Chris het elke 30m besluit ons moet omdraai omdat ons verkeerd loop. My rug was gedaan!
Parys het my verras - ek het nie gedink dit is werklik so mooi nie. Ek sal graag meer tyd daar wil spandeer en dalk 'n regte mis in die Notre Dame bywoon.
Geen opmerkingen:
Een reactie posten