Nee kyk, die vorige aand het ek ´n kishou geslaap en het met aansienlik meer energie die volgende oggend opgestaan. Ons het ´n heerlike ontbyt in Hotel Markus Sittikus gehad en toe na Mirabellplatz vertrek om ons Sound of Music-toer te begin.
Ons het oudergewoonte agter in die bus stelling geneem (sodat Chris se bene in die paadjie kan wees) en ons gids het begin praat. Ek het egter 30 sekondes later gewens sy will liewer ophou! Dis ´n jongerige vrou (seker so in haar 2de helfte van haar dertigs), maar sy herinner my vreeslik baie aan ´n kind. Chris het haar snipperig genoem en ek moet sê dis ´n baie goeie beskrywing! Sy weet net die beste, die meeste en behandel ons toeriste asof ons kindertjies of skape is. Mens voel die hele tyd of jy will sê: „Ja, Juffrou, nee, Juffrou, gaan weg Juffrou!“ Boonop is sy nie eers ´n opregte Oostenryker nie, maar ´n Amerikaner wat vir een of ander rede die laaste 17 jaar in Oostenryk bly. Ek weet nie of sy probeer het om by die Amerikaanse toeriste in te pas nie, maar sy het soms nogal so ´n bietjie kruiperig oor Amerika tekere gegaan. Dit was bitter moeilik om die hele tyd vir haar te luister, maar sy het sulke interessante inligting gehad dat ´n mens maar moes oplet. Ek het ook gehoor hoe sy vir van die ander Amerikaners sê dat dit die begin van haar 3de maand op die bus is en hul opinie was dat sy regtig goed is!
Ek het so gehoop Chris sal die toer geniet (hy is nie so ´n groot Sound of Music aanhanger soos ek nie), maar Juffrou Gids het dit maar moeilik gemaak. O, en vir een of ander rede was ons nie in die regte bus wat hul gewoonlik gebruik nie, met ´n ander bestuurder en toe wou die CD-speler nie werk nie! Eers sowat halfpad het daar uiteindelik musiek begin speel.
Maar goed, ek het die toer steeds baie geniet en het nes Maria gevoel! Ons het verskeie plekke besoek waar die fliek verfilm is, maar ´n mens moet ingedagte hou dat geen van die plekke volledig gebruik is nie. Alles is geknip en geplak om op die ou end die plekke in die fliek te maak. So is die voorkant van die Leopoldskron-paleis bv. gebruik as die voorkant van die Von Trapp-gesin se huis en die kunsmatige meer (wat Leopold laat bou het oor hy ´n meer voor sy huis wou gehad het), was die meer waarop hul geroei het toe Captain Von Trapp en die Baroness daar aangekom het. Blykbaar het die Gretle amper verdrink met die verfilming!
Nog ´n paleis wat gebruik is vir die verfilming van die fliek, is die Hellbrunn-kasteel. Hierdie tuine is hoofsaaklik in die fliek gebruik en vandag staan die legendariese glashuisie waarin Ralph en Liesl, en ook later die Captain en Maria hul liefdesliedjies gesing het.
Ons het nie die Nunnberg Abbey waar die nonne was gesien nie, maar het darem daar verbygery. Juffrou Gids het ook vertel dat Robert Weiss (die regisseur) die aktrises wat nonne gespeel het, een van die misse by die Nunnberg Abbey laat bywoon het, sodat hul kan sien hoe dit werk. Hul het ook tyd saam met die nonne spandeer om te leer om soos hulle te loop, praat ens. Die komponiste van die musiek het ook met die nonne te doen gehad, veral om vas te stel hoe hulle sing en harmonieer.
Ons het toe uit die stad beweeg na die Salzkammergut-distrik, wat pragtige natuur met berge en mere is. Daar het ons rondgery, liedjies saamgesing en die ongelooflike uitsig waardeer. Die eerste tonele van die fliek (waar hul die berge wys net voor Maria begin sing) is in hierdie distrik verfilm. Wat Chris egter die meeste geïnteresseer het, was die feit dat Red Bull se hoofkantoor in hierdie distrik is. Ons het daarby verbygery en daar was ook ´n Nascar-motor met ´n nr. 63 daarop.
Vir my was die hoogtepunt van die toer die kerk in Mondsee. Vandat ek ´n klein dogtertjie was (my ma-hulle sal dit kan bevestig), was ek mal oor die kerk waarin die Captain en Maria getrou het. Ek het my verkyk aan die binnekant en die wonderlikste was dat Maria so lank in die paadjie afgeloop het en dan by die trappe op. Vir my het die plek massief gelyk! Ons het toe hierdie kerk besoek en alles is presies soos in die fliek, behalwe vir die tralies aan die agterkant waar die nonne agterbly en haar toesing. Dit lyk natuurlik ook vir my baie kleiner as in die fliek. Blykbaar het Julie Andrews so gesukkel om in die paadjie af te stap sonder om te lag, dat Robert Weiss vir die orrelis gevra het om ´n stuk musiek te speel waarop sy kan inloop. Die komponis van die fliek (net 1, want die ander is intussen dood) het so baie van die musiek gehou dat hy sy hele stuk herskryf het om daarby te pas!
Oppad terug het ons Do-Re-Mi gesing en ek het dit so baie geniet! Selfs Chris het soms saamgesing (hoofsaaklik omdat Juffrou Gids in die bus rondgeloop het en gekontroleer het dat almal deelneem)! Met die musiek in die agtergrond en die prentjie om my, het dit gevoel of ek deel van die storie is. Dit was heerlik! Juffrou Gids het darem ´n bietjie beïndruk gelyk dat ek AL die woorde ken! Aan die einde het ons natuurlik So long, farewell gesing en ons was maar te bly om weg van Juffrou Gids te kom.
Na die toer het ons so ´n bietjie verder in Salzburg gaan rondloop. Ons het deur die Mirabell-tuine geloop (nog filmtonele), oor die rivier na die ou stad toe. Daar het ons by ´n soort Octoberfest aangekom. Dit was die viering van St. Rupert (die man wat Salzburg begin het deur ´n kerk en klooster te vestig) en die hele stad hou dan lekker fees. Hul trek ook almal tradisionele drag aan en dit lyk so oulik! Ons het Stiegl-bier (pomelogeur) gedrink en Mozart-koegeln (sulke lekker sjokoladeballetjies, onseker oor spelling) geëet. Hierna het ons weer oor die rivier geloop en is bederf met ´n pragtige uitsig van die Alpe, die stad en die rivier.
Van Salzburg kan ek sê dat dit vir my verseker ´n plek is waarheen ek gaan terugkeer (en my ouers saamvat!). Dis in die mooiste deel van Europa, dit voel nie soos ´n stad nie (baie soos Potch) en die atmosfeer is wonderlik. Daar is ook so baie om te doen en die wonderlikste is dat daar regtig nie so baie toeriste is nie! Chris verkies steeds Interlaken en ek kan dit verstaan, want Interlaken het avontuursport, maar Salzburg het Mozart en Maria!
Ons moes na Wene vertrek omdat Lies en Jonas daar vir ons gewag het en het daarom so 16:00 se kant op die trein geklim. Dis ongeveer 3 ure na Wene. Ek en Chris het apart gery ter wille van spasie en ek het saam met ´n ouerige tannie van Oostenryk in ´n kompartement beland. Ons het so lekker gesels! Ek het haar vertel van Suid-Afrika (sy wou als weet) en dit was blykbaar vir haar baie lekker om Europa deur my oë te ervaar. Die beste deel was egter toe sy my oor my ervaring van die Vatikaanstad gevra het en ek haar toe vertel het waarom ek 'n Protestant en nie 'n Katoliek is nie. Sy het nogal geluister na wat ek te sê gehad het en het erken dat sy nog nie regtig so daaraan gedink het nie.
In Wene het Lies en Jonas ons op die stasie gekry en omdat hul al ´n dag of wat daar was, het ons hul sommer gevolg om ´n restourant te kry. Ons wou graag tradisionele schnitzel eet en ´n bietjie kuier. ´n Uur en ´n half later (steeds met ons rugsakke op ons rûe) het ons ´n oulike plekke gekry waar ons heerlik geëet het.
Teen die tyd wat ons hotel toe gegaan het, het ons amper die laaste bus en die ontvangsdame gemis! Gelukkig het ons darem ´n slaapplek vir die aand gehad!
woensdag 29 september 2010
maandag 27 september 2010
Dag 11: Soete Salzburg
Iewers rondom 02:00 die oggend het een of ander alarm in die trein afgegaan en dit wou nie ophou skree nie! Chris was vas oortuig dat dit tyd is om op te staan en ten spyte van my pleidooie het hy steeds sy skoene aangetrek en uitgegaan. Toe dit wel tyd was om op te staan, was dit natuurlik nog donker buite in Wurgl waar ons van treine moes verwissel. Ons het min of meer saam met die son in Salzburg aangekom en toe maar eerste hotel toe gegaan.
Daar het ons vir ´n rukkie gerus en toe die pad gevat na die Mirabellplatz, waar ons Mozart-toer sou begin. Hierdie plein is langs die baie bekende Mirabellplatz-tuine.
Ons was net so 5 op die toertjie (waarvan ek en Chris natuurlik die jongste was!) en ons toergids het ons in ´n bussie op ´n toer deur die stad geneem. Ons het verby interessante plekke soos ´n Marionetteater, Mozart se geboorteplek, die Salzburgkatedraal ens. gery. Ons het ook by Leopoldskron gestop, waar die mooiste tuine is! Hierdie was blykbaar die koning se kuierhuis gewees – ver van die stad af (in daardie tyd) om weg te kom van die mense (wat nie genooi was nie…) af.
´n Wonderlike ervaring was aan die einde van die toer toe ons by Mozart se woonhuis kon ingaan. Dit was waar hy as kind saam met sy ouers gebly het van 1773 tot 1780. Hul het die plek omskep in ´n interaktiewe museum, wat tegelyk antieke artefakte bevat, sowel as moderne byvoegings om die ervaring beter te maak, bv. ´n kort inligtingsfliek. Daar is bv. ´n skildery van die Mozart-gesin, met Wolfie, sy sussie sy ma (in ´n portret teen die muur omdat sy al dood was) en sy pa, wat blykbaar eers aan die einde ingevoeg is (antieke vorm van Photoshop!). Ons kon nie behoorlik deur die museum gaan nie, omdat ons nie genoeg tyd gehad het nie en daarom gaan ek volgende keer heel eerste daarheen!
Om 13:00 het ons aangemeld vir ons volgende toer, naamlik die Ysgrotte. Ek het nie presies geweet wat om te verwag nie, behalwe ys en wel…grotte. Ons was ´n redelike groot groep wat aan hierdie toer deelgeneem het. Ons is met ´n bus geneem na ´n kleiner dorpie ´n hele entjie uit die stad uit. Daar het ons ´n stywe 20min se stap gehad, natuurlik teen ´n gruwelike helling teen die berg op. Ons het toe ´n kabelkarretjie bereik, wat een die steilste in Europa is en dit het ons na ´n volgende vlak op die berg geneem. Vandaar moes ons ´n verdere 20min stap tot by die grot se bek en die keer was dit selfs nog steiler! Heeltemal natgesweet het ons bo uitgekom, maar is beloon met ´n pragtige uitsig. Net daar het ons weer besef: ons Suid-Afrikaners is maar inherent lief vir die natuur! Ons het ons lekker warm baadjies aangetrek en is toe die grot in.
Die eerste vreemde ding was die vreeslike wind wat uit die bek van die grot kom, blykbaar iets soos 80-100km/h! Dit was ysig koud! Die gids het ons in die grot gelei en ons het 700 trappe geklim tot ons bo uitgekom het. Teen daardie tyd was Chris se baadjie uit van die warmte so tussen die ys! Daar is pragtige stalagmiete en stalagtiete van ys in die grot en blykbaar verander dit elke jaar soos nuwe water inkom. Aan die bo-punt was daar regtig ´n paar besondere mooi ysstalagmiete. Op daardie punt was ons ongeveer 1km ver van die grot se bek af en al is die grotte 46km lank, is die ysdeel net die eerste 1km – dus die deel wat ons gesien het.
Een van die vreemdste goed wat ons gesien het oppad boontoe, was ´n groot kleipot wat daar gestaan het. Dit is die as van die eerste ontdekker van die grot! Hy het blykbaar gevra dat hy graag in die grotte begrawe wil word en vandag loop al die besoekers verby sy as… Wat dit selfs nog meer spookagtig maak, is die feit dat slegs magnesiumstokkies deur die gidse gebruik word om lig te maak, sodat alles so natuurlik moontlik moet lyk.
Die pad terug was aansienlik makliker, want alhoewel dit ook 700 trappe was, was dit darem afdraande. Ons het deur ystonnels geloop en selfs nog groter ysstalagmiete gesien. Die gids het ons ook toegelaat om foto´s te neem, wat volgens ons toergids NOOIT gebeur nie. Dis bietjie moeilik om in sulke swak lig sulke groot stukke wit af te neem, maar dit was ´n lekker manier om ´n klomp funksies van my kamera te toets.
Nadat ons weer deur die kwaai wind geloop het, was dit so warm buite dat dit moeilik was om te dink ons het net ´n paar minute vantevore koud gekry! Ons het die bergpad weer aangedurf en dit het aansienlik vinniger gegaan, hoofsaaklik om die die helling BAIE steil is! By die kabelkarretjie het ons eers gesit en ´n Stiegl-biertjie (Salzburg se bier) gedrink en tradisionele apfelstrudel geëet. Chris het natuurlik Coke gedrink.
Ons het teen donker terug in Salzburg gekom en is dadelik terug hotel toe. Ek was baie moeg na die min slaap die vorige nag en die rowwe dag, en het besluit om maar baie vroeg in te kruip. Teen 20:30 was ek vas aan die slaap!

donderdag 23 september 2010
Dag 10: Vertrek uit Venesie
Chris het amper 12 ure die vorige nag geslaap en was heel uitgerus op ons 2de dag in Venesie. Ek was nie so gelukkig nie. Boonop het ek my wekker vir 'n uur te vroeg gestel en eers nadat Chris vir my gegrom het, het ek besef dis te vroeg!
Na 'n HEERLIKE ontbyt (steeds geen spek en eiers nie) het ons afgesit water se kant toe om op ons toer na die eilande te gaan. Daar aangekom het ons weer vir Iowa raakgeloop! Wat 'n lekker verrassing! Ek het vir Jason van die toer vertel in Florence en hy het dit toe wraggies ook gaan bespreek.
Dit was egter 'n uitgebreide Iowa, want Jason se broer, David, en sy vrou, Madelin, het vir hul in Venesie kom kuier.
Die 6 van ons het sommer uit die staanspoor die toer saam aangepak. Ons het in 'n motorboot geklim en vertrek na 3 van Venesie se bekendste eilande.
Ons gids het in Engels, Duits, Italiaans, Frans en Spaans gepraat, maar ek kon niks daarvan uitmaak nie! Deels omdat die boot so geraas het, en deels omdat haar aksent horribaal was! Die eerste eiland waarby ons gestop het was Murano. Hierdie eiland is bekend vir die tradisionele glasblasery. Ons het net 40 minute daar gehad, wat 'n besoek aan 'n fabriek ingesluit het. Dit was ongelooflik om te sien! Die 2 mans was besig om 'n glasbal vir 'n kandelaar te maak. Hul smelt die glas in 'n super warm oond en hou dit aan die end van 'n pyp. Dan blaas hulle aan die ander kant van die pyp om die bal te vorm. Chris het lekker vir my gelag, want ek het gedink glasblasery beteken dis soos "sandblasting". Ek het nie geweet hul vorm die goed met die blasery nie! Na die vinnige voorstelling is ons na die geskenkwinkel waar die mooiste glasware te koop is. Die eintlike bederf was op die boonste vloer. Dis seker 4 keer so groot soos die geskenkwinkel en daar is piepklein ornamentjies en lewensgrootte standbeelde, in die mooiste kleure! Geen foto's daarvan was egter toegelaat nie.
Die volgende eiland was Torcello. Hierdie eiland is die oudste van die Venesiese eilande en het ook die oudste kerk. Dis pragtig! Die ideale klein kerkie vir 'n troue! Dis ook so lekker rustig en stil daar en dit was 'n heerlike kontras met die malende hoofeiland, Venesie.
Die 3de eiland was Burano. Burano is bekend vir kant. Hul het baie jare gelede een of ander steek ontwikkel wat die maak van kant gerevolusioneer het. Ons is vinnig na 'n winkeltjie toe daar en het gesien hoe 'n stokou tannietjie sit en kant maak. Te oulik! Daar is allerhande mooi goed, soos tafeldoeke en dooprokkies vir babas.
Na die toer het ons gou die kerk op die plein besoek en toe besluit om maar weer in die hotel te gaan wegkruip. Dis net heeltemal te besig in die strate na ons sin! Ek het maar gesit en 4 dae se blogging ingehaal en Chris het vir ons 'n restourant van die aand gaan soek (ons het Iowas saamgenooi vir ete).
Teen 18:30 het ons dit weer in die strate gewaag en na St. Markusplein gegaan. Die duiwe daar is omtrent 'n gesig! Hul is so mak dat mense oral staan en foto's neem met duiwe op hul vingers. Ons het ook oor die bekende Rialtobrug gaan loop en 'n bietjie in die klein straatjies rondgedwaal.
Daarna het ons Iowa gekry en na 'n oulike restourant gegaan. Die sjef daar gaan blykbaar elke oggend mark toe en kies die varsste en beste produkte. (Hul bedien ook glad nie pizza nie!) Wat 'n lekker ervaring! Ons het besluit om seekos te eet (soos die plan die vorige aand was). Daar was interessante goed soos krappies wat in ´n degie gebraai is en ´n soort plaaslike steurgarnaal wat saam met mintblare geëet word. Ons en die Iowas het almal verskillende disse bestel en gedeel sodat almal alles kon proe. Hierdie ete het ´n lekker gat in ons sakke gemaak, maar dit was verseker die beste deel van Venesië.
Na ete het ons gou teruggegaan hotel toe om ons sakke te kry. Ons is weer op ´n vaporetti terug stasie toe (Iowa het op ´n watertaxi verby ons gejaag!) en daar het ons die nagtrein wat ons na Salzburg moes vat, gehaal. Ek en Chris het in ´n kompartement met 6 beddens geslaap en het die kamer gedeel met 2 Duitsers wat oor die Alpe met hul fietse gery het. Die snaaksste was dat die Iowas se kompartement net langs ons s´n was en ons kon toe darem nog behoorlik totsiens sê.
Om op te som is ek bly dat ek Venesië was, maar dis nie ´n plek waarheen ek sommer gou weer sal gaan nie. Alles is baie duur en daar is heeltemal te veel mense na my sin. Dit bederf die idilliese prentjie wat ´n mens nog altyd gehad het, so ´n bietjie.

dinsdag 21 september 2010
Dag 9: Verdwaal in Venesië
Ons het die hele Maandagoggend spandeer in 'n trein van Rome af oppad Venesië toe. Ons het op die trein maar geslaap en Rick se raad oor Venesië gelees. Daar aangekom het ons 'n kaartjie gekoop om vir 36 uur van openbare vervoer gebruik te maak. Rick het gesê als in Venesië is duur en hy was reg – daardie kaartjie het 23 Euro gekos!
Ons is toe met 'n vaporetti (waterbus) in die Grand Canal af tot by die beroemde Rialtobrug.
Daar het ons tussen die malende toeriste heeltemal verstrengel geraak! Daar is ook nie straatname in Venesië nie. Daar is iets soos 6 streke en elke streek het gewoon 6000 nommers. Dis BAIE moeilik om jou hotel sonder 'n ordentlike kaart op te spoor. Ek het rigter weer aangesit (hy het lekker saamgewerk in Rome), maar ek vermoed die straatjies is te nou en die geboue te hoog vir 'n ordentlike sein. Ons was teen hierdie tyd nou al lekker honger en het by 'n restourant gestop vir pizza. Ek het toe maar 'n ordentlike kaart gaan koop en Chris kon darem 'n pad uitwerk. Ons het darem die hotel gekry en ek het dadelik roomys gekoop by die winkeltjie langsaan. Chris wou wag om Rick se raad te volg en die beste roomys in Venesië te gaan soek, maar toe ek later die storie van nader beskou, was dit die einste winkeltjie langs ons hotel waar ek gekoop het!
Venesië is anders as wat ek verwag het. Die enorme hoeveelheid mense in die baie klein straatjies laat dit meer soos 'n nes voel as soos 'n stad. Ons het na ons hotel toe gevlug en eers teen 17:00 weer die strate aangedurf (nadat die dagtoeriste en 5 passasierskepe weg is). Ons het toe in 'n vaporetti gaan ry om die stad van die Grand Canal af te sien, met Rick se boek as 'n gids, natuurlik. Almal het vooraf gesê ons moet vir 'n rit in 'n gondel gaan, maar dit kos 90 Euro (sowat R900!) Ek het my daarom maar verbeel dat die vaporetti 'n gondel is (en het die regte gondels afgeneem).

Ons het intussen besluit om seekos die aand te eet, omdat dit vars in Venesië is. Ek het besluit om die hotel se rekenaar te gebruik en Chris het gaan slaap. Op die ou end het ek so 20:30 kamer toe gegaan en gaan vra of hy wil gaan eet, maar toe slaap hy so lekker dat hy besluit het om sommer verder te slaap. Nou ja, die volgende dag was hy darem baie meer uitgerus... Ek, aan die ander kant, het foto's op die blog kom laai en eers na 23:00 in die bed gekom.
Venesië is ons russtad. Bene rus, kop rus, als rus. Hier is in elk geval te veel mense en te min plek om enigiets anders te doen!
Dag 8: Sabbat in die Vatikaanstad
Sondagoggend het ek baie opgewonde opgestaan! Ek droom darem nou al lank daarvan om die Vatikaanstad te sien! Ons het die metro geneem en gaan wag by die kantoor waar ons toer moes begin. 10 minute voor ons toer moes begin was daar egter steeds niemand nie. By nadere ondersoek het ons toe vasgestel dat ons afspraak vir die toer eers vir die volgende dag was. Ek het nie 'n idee hoe dit gebeur het nie, ek is seker ek het die regte datum vir ons reisagent gegee! Ons het toe maar alleen Vatikaan toe gegaan en gelukkig was dit nog vroeg, so dit was redelik maklik om in te kom.
Die St. Peterskerk is die ongelooflikste kerk wat ek in my lewe nog gesien het! Die versierings is wonderlik!
Nadat ek 'n rukkie rondgewandel het, het ek uitgevind dat daar 'n mis gaan plaasvind. Ek het toe in een van die bankies gaan sit om dit te sien, want ek wou nog altyd! Dit was wonderlik! Die prosessie kom in die paadjie afgestap en alles is so tradisioneel. Dis lekker om te sien dat sommige dinge nie sommer sal verander nie. Ons het sulke boekies gekry wat vir jou presies vertel wat aangaan, met 3 vertalings. Dit is basies maar die liturgie (wat die priester sing...) en geloofsbelydenis. Dis maar amper dieselfde as ons s'n, behalwe vir Maria en Pous Benedictus. Ek het probeer saamsing aan die liedjies, maar dis als Latyn en al wat ek onthou is 'n klomp Dominusse en Benedictusse. Die ander woorde was te vreemd.

Na die mis het ek verder in die kerk rondgekyk. Al wat my regtig baie gepla het, is hoeveel klem daar op die heiliges en kunstenaars en pouse (dus, mense) gelê word. Die hele kerk is vol standbeelde en skilderye en stories. Mens weet jy is in God se teenwoordigheid, maar jy kry die hele tyd die boodskap dat jy tog nie van die mense moet vergeet nie.
Dit is bevestig toe ons onder na die pouse se grafkelder gegaan het. By die graf van Johannes Paulus II wat in 2005 dood is, was wagte wat dit opgepas het en 'n groep mense wat gestaan en kyk het. Die weirdste was dat die mense so gehuil het. Ek dink mens moet Katoliek wees om te verstaan.

Hierna het Chris besluit dat ons die kerktoring moet klim (as hy mos trappe en 'n toring sien wil hy net klim...). Dis 3 verdiepings met 'n hysbak en dan nog 331 trappe tot bo. Die gangetjies is besonder nou, die trappe draai baie en as gevolg van die koepel wat die dak vorm, moes Chris dikwels so half skeef loop. Toe ons bo kom, was ons op die hoogste punt in Rome, omdat geen ander gebou hoër as die kerk mag wees nie!
Teen hierdie tyd was dit al omtrent half 3 en ons het 'n broodjie by een van die straatkarretjies gekoop. Ons wou graag by die Burghese museum ingaan (daar is blykbaar wonderlike werke), maar 'n mens moet vooraf bespreek. Tog het ons gedink ons gaan maar probeer. Dis weer heeltemal aan die ander kant van die stad (nader aan ons hotel) en ons het metro gery en VER gestap. Die museum is in die middel van die Burghese tuine en ons kon nie regtig verstaan waarom almal so te kere gaan daaroor nie. Dis nou nie juis mooi en versorg nie. Nee, ons kon natuurlik nie by die museum inkom nie.
Ons besluit toe maar om terug te stap hotel toe (dis net 200m verder as die naaste treinstasie gewees), en dit was VER en WARM! By die hotel het ons die aircon aangesit en geslaap!
Toe ons so teen 18:00 weer wakker word, het dit intussen gereën en die stad lekker afgekoel. Ons het toe besluit om Rome in die aand te gaan sien. Wat 'n wonderlike prentjie! Die atmosfeer is wonderlik met straatmusikante, liggies, waterfonteine ens. Ons het tot by die Piazza del Popolo (piazza van die mense) met die trein gery en toe begin stap.
Van daar is ons na die Ara Pacis toe (wat ons nie kon kry nie) en het onder by die Spanish Steps aangekom.
Daar was baie mense en die uitsig was nogal mooi. Chris het toe besluit ons moet tot bo gaan en ons het weer lekker BAIE trappe geklim. Van daar is ons na Trevi-fontein. Dit was te mooi so in die donker. Daar is so 'n legende dat wanneer jy met jou rug na die fontein staan en 'n muntstuk daarin gooi, jy weer na Rome sal terugkeer. 2 muntstukke beteken dat jy 'n man/vrou gaan ontmoet en 3 beteken dat jy in Rome sal trou. Ons het elkeen 4 ingegooi, maar niks het gebeur nie. Vandaar is ons na Piazzo Colonna waar 'n toring met 2500 figuurtjies op, staan. Dit is gevolg deur die Pantheon en Piazza Novona en ons het geëindig in Campo del Fiori.
Vandaar het ons weer die 2km terug hotel toe aangepak en doodmoeg daar aangekom.

Roma was wonderlik, maar jy moet weet dat dit warm is, daar baie mense is en dat dit net half anders as die res van Europa is.
Abonneren op:
Posts (Atom)