woensdag 15 september 2010

Dag 0: Aankoms in Europa en Leuven!

Nou ja, na al die drama was ek later vas oortuig ons gaan nooit by die huis wegkom nie!  Op die ou end het ons darem (net-net) betyds by ons vliegtuig in Johannesburg aangemeld.  Ek weet nie presies hoe dit gewerk het nie, maar ek HET 24 uur ('n uur vroeër as wat ek moes) op die web ingecheck, maar dit was blykbaar reeds later as die res van die vliegtuig, want ons het maar slegte plekke gekry.  Arme Chris!  Met sy lang bene was dit maar vrek ongemaklik om so ver te vlieg met so min spasie.  In Zurich kon ons darem bietjie beter plekke kry na Brussels en ons het heel gemaklik gesit.  Genade, die bagasie-area in Brussels is ver van die landingsarea af!  Ons hoef ook nie deur doeane te gegaan nie - ons het net deur die groen lyn gegaan wat se dat jy niks het om te verklaar nie - en siedaar - daar staan Lies en Jonas!  Gelukkig het die omie by Zurich se lughawe ons paspoorte gestempel, anders het niemand my geglo dat ons wel hier is nie!

Dit was so lekker om die twee te sien!  Hul het ons met haar ma se piepklein karretjie kom haal en nadat ons al vier en die bagasie ingepas is, is ons na Lies se niggie se woonstel in Leuven.  Daar aangekom het ons sommer lekker gekuier en toe het ons die stad ingevaar.  Wat 'n pragtige studentestad! 


Op die oomblik is dit baie stil daar omdat die studente nie daar is nie, maar daar was wel een of ander soort kermis waar die locals rondgekarjakker het.  By een van die gewilde eetplekke het ons lekker geeet en Kriek (kersiebier) gedrink.  HEERLIK! 

Ons het Jonas se ouers ontmoet, en toe op 'n toer van die Stadshuis gegaan. 


Daarna het ons maar weer iewers gaan Kriek drink terwyl ons vir Lies se ouers wag. 

Hul het ons toe na 'n restourant geneem waar ons elkeen 'n mosselpot geeet het.  Mens kan nie eens naastenby alles opeet nie (alhoewel, Chris het...) en saam met die wyn en bier het die Nederlands lekker gevloei!  Lies se ouers is baie gaaf en ek sien uit daarna om meer tyd saam met hul te spandeer. 




Dit was so 'n lekker dag!  Ek kon nie glo ons is uiteindelik daar nie, en ten spyte van die sonbrand (waarvoor Jonas hom doodgelag het, omdat die Suid-Afrikaner haar in België verbrand) kon dit nie 'n meer perfekte dag gewees het nie.

(Ek sukkel met hierdie rekenaar by die hotel.)

4 opmerkingen:

  1. Die foto's is pragtig. Dankie dat ons kan "saamreis". Ek het nie geweet 2005 is so ver terug dat jy nie kon onthou dat sneeu eintlik koud is ie

    BeantwoordenVerwijderen
  2. Hehe, Tannie is reg. Ek onthou maar alte goed dat dit koud is. Ek het eintlik net 'n bietjie vergeet dat dit dalk warm daar onder is, maar dat daar bo, tussen die prentjiemooi sneeubedekte pieke, dit 'n ander storie gaan wees...

    BeantwoordenVerwijderen
  3. Ek is so bly jy het so lekker gekuier. Jou herfs foto's is pragtig. Hier by ons is die herfsblare al almal op die grond. Ons het self 'n pragtige herfs gehad hierdie jaar. Jy het seker ook agtergekom dat die foto's die herinneringe vars hou, maar dat dit nie aan die werklikheid reg laat geskied nie. Voorspoed met al jou werk. Lief vir jou

    BeantwoordenVerwijderen