My studente het gistraand vir my gesê dat ons deur die nag sneeu kan verwag. Toe ek vanoggend wakker word en uitloer by my venster, kon ek die dartelende sneeuvlokkies in die lig van my 'tuintjie' sien. Ek moes 09:00 op kampus wees, maar het besluit om 'n bietjie vroeër te loop sodat ek 'n paar foto's van die sneeu kan neem. Toe ek buite kom, was dit besig om lig te word en dit het steeds onophoudelik gesneeu. Sagte, nat vlokkies het teen my gesig gespat en soms in my oë beland, maar ek met my Karrimor-skoene deur die 10cm sneeu geploeg om 'n bietjie van die winter-'magic' van Europa vas te vang.
Later het ek voor ons fakulteit se gebou 'n bietjie in die sneeu gaan ronddans, maar die aard van hierdie soort sneeu is so dat 'n mens nie 'n sneeuman kan bou nie. :-( Dis baie sag, los en fluffy. My poging om 'n ordentlike sneeubal te maak, het ook jammerlik misluk.
Abonneren op:
Reacties posten (Atom)
Geen opmerkingen:
Een reactie posten