OK, ek weet ek is agtter met die bloggery en skuld nog materiaal van Wallis, Brussels en 'n paar ander dinge, maar ek MOES hierdie net eers met julle deel!
Gisteraand het prof Wannie vir my en Adri (D-student van SA af) uitgeneem vir ete by Groenplaats, naby die Grote Markt. Terwyl ons in die klein restourantjie gesit het, met Antonio wat in Italiaanse Engels sy kookkuns verkondig het, het ons gekyk hoe die wêreld buite wit word. Die vlokkies het sag buite die venster geval en met die atmosfeer van die restourant het ek die idee gekry dat ons in 'n fliek is. Net in movies is dinge so mooi...
Toe ons buite kom, was dit mooi trap om nie in die gladde sneeu te val nie, maar ek moet sê, hierdie Karrimor-skoene was 'n goeie belegging, want Carla is mos soos 'n ongeluk wat wag om te gebeur en gewone skoene het die effek van rolskaatse op my! Kan jy nou meer: ek het nog nie een maal geval nie!
Ongelukkig het nie ek of Adri ons kameras by ons gehad nie, en moes maar met die Blackberries foto's neem, wat natuurlik nie juis suksesvol was nie. Die volgende foto's is maar jammerlik swak, maar in my geval maak die kamera die fotograaf... Dis net om 'n idee te gee van hoe dit gistraand gelyk het.
Gelukkig het dit deur die nag verder gesneeu en toe ek vanoggend wakker word, het ek uitgekyk op my babatuintjie, wat spierwit is. Toe ek van die huis af bib toe stap, was daar 'n lagie van so 1-2cm op die grond. Natuurlik is die strate en sypaadjies nou net water van al die wiele en skoene wat die mooi ys tot 'n nat pappery gereduseer het.
Dit is die eerste sneeu wat ek in 5 jaar beleef (dié op die bergpieke in Switserland tel nie) en die oomblik was magic met die vlokkies wat landingsplek in my hare gevind het. Ek was natuurlik bitter nostalgies oor my besoek aan die Gouwse van Kanada van 5 jaar gelede, toe ek een oggend wakker word en 15cm sneeu buite gelê het. Hierdie ervaring is heeltemal anders en dis vreemd om dit nie te kan deel met dié vir wie jy lief is nie, maar dis steeds wonderskoon. Ek is dankbaar dat ek dit kon sien voor ek vertrek na die land van melk en heuning, waar die mense met baaikostuums en eina-broekies wag.
dinsdag 30 november 2010
maandag 29 november 2010
Londen (se winkels) op 'n drafstap
Die volgende oggend was ek en oom Eddy vroeër as die res van sy kollegas uit die vere omdat ons soveel moontlik wou inpas voordat ek na Liverpool moes vertrek. Oom Eddy het ’n hele program beplan en dit was stampvol!
Ons eerste stop was die beroemde (en enorme) winkel, Harrods. Dit is die winkel van die pa van Dodi al Fayed, die man saam met wie prinses Diana verongeluk het. Daar is ’n ook ’n soort monument vir hul in die winkel. In elk geval, Harrods is ongelooflik! Oom Eddy het my na hul vars produkte afdeling geneem en ek kon nie glo wat ek sien nie! Die seekosafdeling was gepak met vars visse en ander seekos – elke kleur en geur! Elke keer wat ek deur ’n ander deur geloop het, het ’n nuwe wonderwêreld verskyn. Die dak, mure en rakke is keurig versier en die effek is so mooi. Ons het op die ou end ook by die vleistoonbanke aangekom en ek het verlangend na die groot stukke fillet en tjops gekyk. Die lekkerste was egter die klein stukkie wat bakke biltong in gehad het! Ek het vir die Augustinus-gesin ’n pakkie van 100g biltong vir meer as £4 gekoop – ongeveer 4 maal duurder as wat ek in SA betaal. Maar, ek dink dit was die moeite werd. Hulle was baie opgewonde en oom Eddy het baie daarvan gehou. Ons het ook na nog ’n afdeling gegaan en alhoewel ek nie presies kan onthou wat daar alles was nie, was daar die pragtigste teddiebere!
Ons het na ’n groot speelgoedwinkel gegaan en ek het my verkyk aan alles. Ek het ook ’n foto by die legendariese Narnia-lamp geneem (daar is ’n spesiale Narnia-uitstalling al langs die trappe af en soos ’n mens beweeg, loop jy verby bekende Narnia-prentjies). Oom Eddy en ek het toe na ’n tradisionele koffiewinkel gegaan vir ’n tradisionele koppie tee. Dit was wel die duurste koeldrank en espresso wat ek nog gesien het!
Hierna net ons weer deur Piccadelli Circus geloop, wat heeltemal anders in die dag lyk. Ek is baie bly ek het dit in die aand beleef! Ons volgende besoekpunt was 'n (volgens oom Eddy) tipiese Engelse winkel, Fortnum & Masson. Binne was weer 'n groot verskeidenheid en daar was bv. 'n enorme hoeveelheid tipes tee om van te kies. Daar het ek weer biltong gekoop - die keer vir die familie in Liverpool.
Ons het 'n vinnige draai by Covent Garden gaan maak. Dit het ontstaan as 'n groentetuin vir die monnike wat in Westminister Abby gebly het, maar is vandag 'n bekende en enorme mark. Oppad na die Brittish Museum het ek iets eg Suid-Afrikaans raakgesien: Nando's! Ons het toe besluit om lekker gebraaide hoender en Suid-Afrikaanse wyn te gaan eet en drink en ek dink oom Eddy het dit darem geniet. Ek het vroeër nie geweet Nando's is Suid-Afrikaans nie, maar het 2 en 2 bymekaar gesit toe ek besef ek het nêrens in Europa al daarvan gesien nie en die styl en tipe bemarking pas by SA. By die Brittish Museum het ons blitsvinnig ingespring om die Rosetta-steen te sien. Dit is die beroemde steen wat dit moontlik gemaak het om Egiptiese hiërogliewe te ontsyfer, omdat dieselfde teks daar in 3 tale geskryf staan: Grieks, Egipties en Demoties. Ons het darem ook 'n klomp Egiptiese en Griekse artefakte gesien. Blykbaar moet jy nie veel verwag van antieke Griekeland nie, omdat alles in die Britse museum is! Ek sou verkies dat elke land sy eie wonders moet besit, maar nou ja, wie is ek om die kunspolitiek te probeer dikteer!
Ná die Brittish Museum het ons gou ons bagasie by die hotel gaan haal en oom Eddy het na St Pancras-stasie vertrek om weer terug België toe te gaan. Ek het in die rigting van die Victoria Busstasie gegaan, maar het besluit om by Buckinghampaleis en die Queen Victoria Memorial langs te loop. Ek weet nie presies wat ek verwag het nie, maar dit was bietjie 'n teleurstelling. Altans, dit het my 'n ruk gevat om dit wat ek altyd op die TV sien te laat ooreenstem met wat voor my was. Dit is egter wel 'n enorme kompleks.
Ek het uitasem, maar net betyds by die stasie aangekom om die rit uit die hel na Liverpool aan te pak. 6 ure op 'n bus is geen grap nie - veral as 'n mens rysiek word! Die man langs wie ek te lande gekom het, is van Rusland af en hy kon nie 'n woord Engels verstaan nie. Boonop het hy gerook en het kort-kort met my probeer kommunikeer met die vrotterige rookasem (wat my natuurlik nog naarder gemaak het). Ek het 'n mooi fliek op my rekenaar gesit en kyk en natuurlik snot en trane gehuil, wat veroorsaak het dat Raspoetin langs my heel simpatiek wou weet wat fout is. Hy wou ook op 'n stadium my e-posadres hê en toe gee ek maar vir hom 'n verkeerde adres (hoe beplan hy in elk geval om met my te kommunikeer as hy nie Engels verstaan nie?). Die bus het ook 'n alternatiewe roete geneem as gevolg van 'n ongeluk op die snelweg, maar moes later omdraai omdat dit nie onder 'n klein bruggie kon pas nie. Die rit is toe met nog 'n halfuur verleng! Die laaste uur het ek letterlik met my kop tussen my bene gesit en ek was bitter bly toe ons op die ou end tot stilstand gekom het! Oom Ducky se eerste woorde aan my was: "Wie het jou so kwaad gemaak?"
Dit was so lekker om die familie weer te sien. Hulle almal lyk presies soos ek van meer as 10 jaar gelede onthou, behalwe dat Aimee nou 'n mooi jong dame geword het. Die reunie was elke minuut op die bus werd.
Later het ek wel lekker warm aan die slaap geraak met die gedagte dat ek geen idee het waarom nie, maar Londen het my verras. Ek het al gehoor (en gelees) dat 'n mens hier nie met die Londenaars moet praat nie, omdat hul regtig as 'n spesie heel mislik is. Elke persoon wat ek egter langs die pad gestop het om iets te vra, het my egter so mooi behandel en dikwels selfs saam met my gestap na waar ek wil wees. Ek was nou in 13 lande en Engeland is een van die enigstes wat ek dink ek vir 'n ruk lank in sal kan bly. Alhoewel ek nie 'n stadsmens is nie, fassineer Londen my. Daar is ook 'n taalskool wat Afrikaans aanbied...
Oom Eddy, baie dankie vir die voorreg om Londen te kon sien! Ek is regtig dankbaar vir die geleentheid!
zondag 21 november 2010
Engelse verrassing
Die 11de November word in Europa herdenk as die dag waarop die 1ste wêreldoorlog geëindig het. In België is dit 'n vakansiedag en omdat dit op 'n Donderdag geval het hierdie jaar, het dit sommer 'n lekker langnaweek geword. Liesbeth se pa, oom Eddy, het my genooi om Londen te gaan besoek saam met 'n studentegroep van hom. Ek kon egter nie op die 10de al vertrek nie, omdat ek die aand my eerste klas in Afrikaans by die Linguapolis Taalsentrum van die UA gegee het.
Donderdagoggend het ek vroeg uit Antwerpen na Brussels vertrek, om die Eurostar trein na Londen te haal. Dis omtrent 'n proses om deur die stelsel tot in die trein te kom. Die Europeërs om my waai net hulle maroen paspoorte en draf deur sekuriteit, maar sodra my groen paspoort na vore kom, word ek vorms in die hand gestop en ondervra - vreemd genoeg dieselfde vrae wat ek in die eerste plek moes antwoord om 'n visum te kon kry! 'n Mens sou sweer ek is 'n krimineel net omdat ek van Afrika af kom! Dis nou nie asof België nie boewe en skelms het nie, maar hul kan net hul paspoorte waai en is vry om in Engeland te gaan droogmaak!
In elk geval, dit was glad nie so opwindend om onder die see rond te ry nie, die tonnel is gewoon lank en donker en lyk glad nie soos 'n akwarium met visse rondom jou nie. Nadat ek in Londen weer verby 'n klomp bobbies moes beweeg, teen hierdie tyd al deeglik bewus van my status as Afrikaan, het ek by St Pancras-stasie vir oom Eddy ontmoet.
Dit was net na 10:30 en hy het my die trappe op geneem, waar 'n hele orkes en mense gewag het. Nee, dit was nie 'n verwelkomingsorkes nie, maar wel 'n seremonie om Remembrance Day te herdenk. Daar was 'n hele programmetjie en ons moes goeters opsê en reageer op die dominee se pleidooie om saam te veg teen die kwaadhede van die wêreld met "I will". Aan die einde moes ons die Onse Vader in Engels sê en het geluister na daardie blaasinstrument-liedjie wat hul altyd vir weermagbegrafnisse speel. Roerend. Om 11:00 het hul 'n afkondiging gemaak dat daar 'n 2-minute stilte gaan wees waaraan almal asb. moet deelneem om al die gesneuwelde soldate te eer. Alles het skielik doodstil geword, selfs die treine se enjins is afgeskakel. Dit was regtig 'n gewyde stilte en ongelooflike gevoel.
Oom Eddy het my toe na 'n pub by Leaden Hall Market geneem, Bunch of Grapes. Daar het ons twee van sy kollegas ontmoet vir middagete. Na al die tyd in België en al die konsentrasie om die Nederlands oral te verstaan, was dit skoon vreemd om Engels te hoor. Dit het my dikwels 'n rukkie gevat om agter te kom dat die rede waarom ek nie verstaan nie, is omdat ek probeer om die Nederlands te verstaan, wat eintlik Engels is! Daarna het ons 'n bietjie rondgeloop en ek het my verkyk aan al die Londense werkers wat middagete in die pubs geniet. Oral waar jy by vensters inkyk, is mans in pakke en vrouens in properse pencilrompe besig om te lag en gesels en 'n biertjie te geniet. Ek weet nie hoeveel van die Engelse mannetjies wat ek so gesien het is eintlik Afrikaners nie (ek vermoed 'n klomp, want 'n mens kan ons mos 'n myl ver sien!), maar sjoe! - daar is nou vir jou oulike gesiggies! Oom Eddy het so lekker gelag vir die woord "besigheidsman".
Langs die pad (of altans die rivier), het ek die bekende landmerke wat altyd op TV verskyn, gesien. 'n Mooi prentjie van die son wat oor die wolkekrabbers loer het my vir 'n oomblik vasgevang. Die boepensgebou aan die linkerkant van die foto is die nuwe burgemeesterstuiste. Blykbaar dra die unieke vorm daarvan by tot minder energieverbruik. Ek weet nie - die gids het maar skepties geklink!
Die volgende landmerk wat voorgelê het, is die Millenium Wheel of London Eye. Dit is blykbaar die Britte se reaksie op konstruksies soos die Eiffeltoring - 'n wiel wat jou die verste uitsig in die wêreld gee en op 'n helder dag selfs die Windsor-kasteel sigbaar maak. Aangesien dit geen helder dag was nie, het ek nie gedink dat dit die moeite werd is om meer as 30 pond uit te haal om in die rondte te draai nie. Die bus op die London Bridge op die onderstaande foto gee perspektief op die grootte van die wiel.
Westminister Abby het van buite af presies gelyk soos in al die prentjies en foto's (en Friends-episode 423!). Dit het egter 12 pond gekos om in te gaan en daarom het ek dit ook maar gelos. Dit was in elk geval meer interessant om buite rond te hang. Omdat dit Remembrance Day was, was daar oral kruisies in die grasperk geplant om die gesneuweldes te herdenk. Die rooi doughnut-afêre, is eintlik 'n soort blommetjie (klaprozen in Nederlands en poppey in Engels, papawer in Afrikaans) wat die simbool van oorlog geword het. Met Remembrance Day word mense aangemoedig om so 'n kunsmatige blommetjie te koop en aan hul klere vas te speld. Die opbrengs gaan dan vir soldate. Daar was ook 'n area afgebaken vir Suid-Afrikaanse soldate wat in die Britse mag geveg het (foto onder die klaprozen-doughnut). Natuurlik geen kruisies vir die 26 000 vrouens en kinders en wie weet hoeveel boerekrygers nie! Wat my egter nogal gevang het, was die bedding met die kruisies vir gestorwenes wat in Afghanistan geveg het. Die kruisies het foto's op gehad en dit was opvallend hoe jonk soveel van die manne was. My ouderdom en jonger. Dis sulke tye wat die wêreld en die mensdom net glad nie vir my sinmaak nie! Wat is die punt van oorlog? Dis een ding om te dink dat soldate hul lewens verloor, maar dit is moeliker om dit te aanvaar wanneer jy na die gesigte kyk en besef dat elkeen van daardie mense iemand se seun, broer, moontlik pa of oupa was. Elkeen het 'n lewe gehad, 'n storie. Hul het al die moeite gedoen om groot te word en vir wat?

Oom Eddy het my hierna na die Tower of London geneem, sodat ek 'n bootjie op die Theems kon haal om 'n bietjie te gaan verken. Hy het 'n afspraak met sy studente by Lloyds gehad. Dit het egter so erg gereën dat ons vir 'n ruk langs eers moes gaan skuiling soek. Ek het skielik verstaan wat almal met 'n grys Londen bedoel. Tog was dit vir my pragtig. Ek het oorspronklik daaraan gedink om by die Tower of London in te gaan, maar die prys (22 pond) het my goed afgeskrik. Ek het daarom maar afgesit na 'n bootjie om my na Westminister Abby te neem. Teen die tyd wat die boot begin vaar het, het dit darem oopgetrek en 'n volle halfuur van ope lug het gevolg. Let wel: dit was al blou lug en son wat ek in 2 dae gesien het! Hier is 2 van die talle foto's wat ek van Tower Bridge geneem het. London Bridge was toe niks om eintlik te sien nie.
Langs die pad (of altans die rivier), het ek die bekende landmerke wat altyd op TV verskyn, gesien. 'n Mooi prentjie van die son wat oor die wolkekrabbers loer het my vir 'n oomblik vasgevang. Die boepensgebou aan die linkerkant van die foto is die nuwe burgemeesterstuiste. Blykbaar dra die unieke vorm daarvan by tot minder energieverbruik. Ek weet nie - die gids het maar skepties geklink!
Die volgende landmerk wat voorgelê het, is die Millenium Wheel of London Eye. Dit is blykbaar die Britte se reaksie op konstruksies soos die Eiffeltoring - 'n wiel wat jou die verste uitsig in die wêreld gee en op 'n helder dag selfs die Windsor-kasteel sigbaar maak. Aangesien dit geen helder dag was nie, het ek nie gedink dat dit die moeite werd is om meer as 30 pond uit te haal om in die rondte te draai nie. Die bus op die London Bridge op die onderstaande foto gee perspektief op die grootte van die wiel.
Oorkant die London Eye is natuurlik die oom wat almal wil besoek: Big Ben. Dit is die kloktoring van die Westministerpaleis, die tuiste van die Britse parlement (as ek dit nou reg het). Dit het my heeltemal dronk gemaak om op te kyk na die toring, want met die wolke wat bo-oor beweeg het, het dit laat lyk of die toring wieg.
Westminister Abby het van buite af presies gelyk soos in al die prentjies en foto's (en Friends-episode 423!). Dit het egter 12 pond gekos om in te gaan en daarom het ek dit ook maar gelos. Dit was in elk geval meer interessant om buite rond te hang. Omdat dit Remembrance Day was, was daar oral kruisies in die grasperk geplant om die gesneuweldes te herdenk. Die rooi doughnut-afêre, is eintlik 'n soort blommetjie (klaprozen in Nederlands en poppey in Engels, papawer in Afrikaans) wat die simbool van oorlog geword het. Met Remembrance Day word mense aangemoedig om so 'n kunsmatige blommetjie te koop en aan hul klere vas te speld. Die opbrengs gaan dan vir soldate. Daar was ook 'n area afgebaken vir Suid-Afrikaanse soldate wat in die Britse mag geveg het (foto onder die klaprozen-doughnut). Natuurlik geen kruisies vir die 26 000 vrouens en kinders en wie weet hoeveel boerekrygers nie! Wat my egter nogal gevang het, was die bedding met die kruisies vir gestorwenes wat in Afghanistan geveg het. Die kruisies het foto's op gehad en dit was opvallend hoe jonk soveel van die manne was. My ouderdom en jonger. Dis sulke tye wat die wêreld en die mensdom net glad nie vir my sinmaak nie! Wat is die punt van oorlog? Dis een ding om te dink dat soldate hul lewens verloor, maar dit is moeliker om dit te aanvaar wanneer jy na die gesigte kyk en besef dat elkeen van daardie mense iemand se seun, broer, moontlik pa of oupa was. Elkeen het 'n lewe gehad, 'n storie. Hul het al die moeite gedoen om groot te word en vir wat?
Ná my besoek aan die Abdy, het ek weer die strate ingevaar. Ek het onder andere verby die Eerste Minister se woning, Downingstraat 10, geloop, maar dit word so beskerm dat 'n mens nie 'n glimps daarvan kan kry nie. Die reën het nog weggebly en ek het my verkyk aan dit wat 'n mens gewoonlik met Londen assosieer: rooi busse, rooi telefoonhokkies, ens. Dit was nogal 'n wonderlike gevoel om dit alles self te beleef. Soos ek geloop het, het die stad voor my oopgevou en ek het skielik so tuis gevoel tussen die klassieke wêreldikone. Die huistoe-verlang wat so aan my geknaag het die laaste ruk, was rustiger. Alhoewel Londen geensins soos sonnige Suid-Afrika is nie, was daar iets so bekends aan hierdie vreemdheid. Aan die einde van my wandeling het ek by Trafalgar Square uitgekom en die eerste ding wat ek gesien het (behalwe natuurlik die obelisk in die middel), was die Suid-Afrikaanse vlag wat hoog bo 'n gebou voor my gewapper het: die Suid-Afrikaanse ambassade.
Ek was net behoorlik droog, toe ek agterkom dat die wêreld skielik donkerder daar uitsien. Die rukkie van sonskyn was verby en die Londenaars om my het maar weer hul sambrele uitgehaal. Ek het so ’n rukkie verder rondgedwaal en het toe op een van die beroemde rooi busse geklim om ’n bietjie die res van die stad te sien. Ek het ongeveer ’n uur tyd gehad voor ek oom Eddy by die St Paul-katedraal moes ontmoet. Ons het verby ’n paar bekende ikone gery en ook oor die beroemde Tower Bridge wat ek vroeër van die rivier af afgeneem het. Dit was ook lekker om die Tower of London te sien terwyl die son gesak het. Die vreemde ronde gebou is die Burgemeester se nuwe huis en die vorm het blykbaar te make met energiebesparing. Die vreemde OXO-toring is blykbaar te danke aan die reël/wet wat bepaal dat geen reklame langs die Themes gedoen mag word nie. Die OXO-mense (daardie marmite-gedoente) het toe hul gebou so gebou dat die vensters daarvan toevallig die naam spel...
Teen 16:30 was dit al feitlik heeltemal donker en ek het maar by die busstop oorkant die London Eye afgeklim om ’n moltrein te neem na waar oom Eddy vir my gewag het. Ons het ingegaan en ek was weereens verstom oor hoe mooi sommige katedrale is. St Paul is die 2de grootste katedraal in die wêreld en het my tog aan die Vatikaan herinner. Binne was “verspers” aan die gang: ’n soort sang- en biddiens, as ek nou reg verstaan het. Dit was wel pragtig om vir die klomp manne te luister wat voor in die kerk gestaan en sing het. Ek het wel weer lekker in my binneste gelag vir die sangerige styl waarop die liturg gepraat het. Hy het alles so op een noot gesing en soms vir afwisseling ’n halftoon op of af gewissel. Dit het my herinner aan die moslems wat in die oggende saambid terwyl iemand sing, maar ek dink nie dis so goeie idee om hul en die Katolieke in dieselfde sin te noem nie. Ek het oudergewoonte weer ’n bietjie rondgeloop en die verskillende kunswerke bewonder – wat ek net kon doen omdat daar ’n diens aan die gang was, anders sou ek moes toegang betaal. Ai, die Katolieke darem. ;-) Teen die tyd wat ons buite gekom het, was dit heeltemal donker. Ek kon darem steeds ’n foto kry van koningin Anne se standbeeld kry. Sy word blykbaar nie regtig onthou vir haar revolusionêre regeringstaktieke (wat dit ookal was) nie, maar vir haar liefde vir die bottel. Die standbeeld is daarom daarom só gebou dat sy met haar rug na die kerk staan en kyk vir (wat in daardie tyd daar was) ’n pub.
Ek en oom Eddy het hierna weer die moltrein geneem om na Russell Square te gaan. Ons het in die Royal National Hotel (wat “gigantisch”) is, gebly en hy het my daarheen geneem sodat ek droë klere kon gaan aantrek voordat ons saam met sy kollegas en studente uitgegaan het. Warm, droog en honger het ons na Leischter Square vertrek om by ’n tradisionele Engelse pub te gaan eet. Daar het ek sy ander kollegas ontmoet en ons het heerlik saam gekuier. Natuurlik het ek weer dieselfde stories en dinge vertel, maar elke keer is dit interessant om te sien hoe die verskillende gehore op my vertellinge reageer. Hopelik het ek hier ook weer waardering vir Suid-Afrika (en ’n paar ekstra Euro’s deur toerisme) vir my land bewerkstellig.
Ná ete het almal eers ’n drankie by ’n ander pub gaan drink, maar ek was gewoon te moeg. Ek het daarom saam met een van oom Eddy se kollegas teruggegaan hotel toe. Maar eers het ons verby Leischeter Square geloop waar die nuwe Harry Potter-fliek besig was om vir die eerste keer te speel. Dit was die wêreld premiere en al die akteurs was daar! Buite het ’n groot groep mense gestaan en wag vir die fliek om klaar te maak sodat hul die akteurs kon sien en die identiese Mercedesse het op ’n ry gewag om die BBP’s op te laai. Dit was ongelooflik om daar te kon staan! Ek het ’n paar kiekies probeer neem vanuit die hoek waar ek gestaan het, en toe het ons aanbeweeg Piccadelli Circus toe. Was dit nou vir jou ’n prentjie! Die eerste wat ’n mens opval is die beroemde advertensiebord op die hoek. Die bekende Ripley's Believe it or Not museum is die volgende opvallende gebou en ek gaan dit volgende keer verseker besoek. Hul het ook kersliggies in die beroemde Regentstraat gehang en die hele effek was oorweldigend pragtig! Ek het soos ’n klein dogtertjie op en af gespring en hande geklap!
Oom Eddy se kollega het my later weggeskeur van die prentjie en ons is terug hotel toe om te gaan slaap. Ek kon egter glad nie slaap nie, want ek het te koud gekry. Later het ek die ander bed in my kamer se laken ook gevat, maar het steeds gelê en bibber. Teen 01:00 het ek genoeg gehad en het ontvangs toe gebel om te vra of daar nie ’n manier is om die kamer te verwarm nie. Die mannetjie aan die ander kant was heel geïrriteerd met my omdat ek nie weet hoe ’n “radiator” lyk nie. Wel, ek het gedink so iets kry ’n mens net ’n voertuig en selfs daar weet ek nie hoe dit lyk nie! Hy wou weet hoe ek dan nie weet hoe die toestel lyk nie, waarop ek geantwoord het dat ek nie van Engeland is nie! Hy wou toe weet of daar dan nie radiators in my land is nie en toe vererg ek my en sê: “I’m from Africa, we don’t need it there!” In elk geval, nadat ek eers gedink het die rookverklikker teen die dak is dalk waarna ek soek (dit was al wat ek kon sien wat knoppies gehad het) het hy vir my gesê om onder die vensterbank te gaan kyk. En jou wrintiewaar, daar staan ta! Toe was dit natuurlik ’n ander missie om uit te werk hoe om dit aan die gang te kry...
Abonneren op:
Posts (Atom)