donderdag 25 maart 2010

Beplanning van 'n avontuur

Met minder as 6 maande oor voor my belande vertrek na Antwerpen, is basies nog niks gedoen nie!  Die grootste probleem is om eers 'n visum te kry.  Ek sal dringend (sommer volgende week) met Prof. Wannie moet praat om uit te vind hoe om dit te doen, want ek kan nie regtig enigiets bespreek voor my visum nie goedgekeur is nie. 

Ek kyk ook nog na die verskillende vliegopsies.  Een van die planne was om dalk London oor te vlieg sodat ek die dag in die stad kan spandeer.  Maar 'n Britse visum is so duur!  'n Ander opsie is om met Emirates te vlieg sodat ek in Dubai kan oorstaan.  Maar Emirates vlieg nie tot in Brussels nie en daarom sal ek dan 'n aansluitingsvlug moet kry.

Nog 'n vraag is of ek oor kersfees net deur Italië wil reis, of ek 'n inter-Europese toer wil doen en of ek dit alleen moet doen of moet Contiki.

Soveel vrae, so min tyd!

Geen opmerkingen:

Een reactie posten